A verbis ad verbera – From Words to Blows

A verbis ad verbera – From Words to Blows is a solo exhibition that was part of the official 2010 Aardklop National Arts Festival programme.
In this body of work the notion of cultural masochism as a step towards symbolic self-mortification becomes a hall of mirrors where the image of self becomes lost in a myriad of displays – often distorted, grotesque or vain. The Violence that is portrayed is self-inflicted. The scars and injuries represent psychological scars that manifest physically and may be perceived of as both metaphorical and real.

The following review appeared in the festival newspaper Spat.

‘n Wekroep aan die samelewing
Resensie – Theo Kleynhans
Spat, 1 October 2010, p. 7.

Die beste uitstalling op vanjaar se fees is definitief Richardt Strydom se A verbis ad verbera – From Words to Blows.
Met hierdie reeks fotografiese werke, wat in die Snowflake te sien is, kommunikeer die kunstenaar die ongesegde, die stomme, die sprakelose merke wat op die psige gelaat word deur kulturele masochisme.
Die werke is gestroop van enige onnodighede en is gewoonlik ‘n portret wat geneem is van ‘n persoon wat oortrek is met wonde en kneusplekke.
Soms is die persoon eers afgeneem sonder enige wonde en dan word dieselfde portret met presies dieselfde beligting en selfs kleredrag reg langs die eerste werk aangebied.

Violator-I-(skadu-self)-left-panel

‘n Mens se oë dartel van die een beeld na die ander in ‘n bestekopname van klein flenterjies droë vel, snymerke, rowe en selfs steke wat draderig pryk. ‘n Mens maak die heeltyd afleidings oor hierdie voor- en ná-foto’s en onwillekeuring doem ou beelde van mense wat mishandel is op in jou agterkop.
Die uitdrukking in die oë van die sitters is neutraal. Jy word as kyker nie beskuldig nie. Jy hoef nie verantwoording te doen nie en dit is juis hierdie neutrale aanbieding wat die werk so treffend maak.Want jy is onseker as kyker wat van jou verwag word en, soos jy na enige leidrade soek oor hoe jy moet reageer, word jy ál dieper en dieper in die werk ingetrek.

Kan die blote toeslinger van ‘n woord so intens ervaar word dat hierdie persone dalk spontaan sigbaar verwond word? Of is die kunstenaar slim besig om ons uitinge en geniepsighede te boekstaaf?

Adhominem III

Ad Hominem IV
Dan lees ‘n mens die programnotas dat al hierdie geweld self inflicted is. En skielik draai die hele spel op sy rug. Jy wonder as kyker waarom ‘n men’s homself só sal martel. Tot jy onthou dat sommige sensitiewes hulself sny of kneus op plekke waar kledingstukke gewoonlik die merke verbloem. En dat dit gedoen word om die intense psigiese pyn wat hulle voel, sigbaar te maak, al is dit dan net vir hulself. Mense wat aan hierdie afwyking ly, verduidelik dat dit verligtig ring en dat dit dié verligting is wat verslawend is.

Dit is ook opvallend dat die kunstenaar net mans gebruik in sy werk. In die eerste plek homself, maar ook digters en musiekmakers soos Danie Marais, Loftus Marais en Francois van Coke. Met ander woorde ander kreatiewes.

Danie Marais

Ad Hominem V. Dimensions: 59.4 cm x 89.2 cm Digital print on artist paper

Loftus Marais and Richardt Strydom

Die entropie van verdriet. Dimensionsl: 59.4 cm x 89.2 cm Digital print on artist paper

Hierdie keuse is merkwaardig omdat ‘n men’s die sprong kan maak dat kreatiewe mense gewoonlik in voeling is met hulself en hul sielkundige behoeftes, maar is alle mans? Of is die programmering van mans in die algemeen steeds gekluister aan die leuen dat mans nie huil nie en altyd moet sterk wees? So word hierdie reeks werk ook ‘n aanklag teen mans wat hulself nie toelaat om die totale spectrum van emosies en daarom menswees te ervaar nie en dit is ook ‘n kulturele masochistiese kenmerk. Dit herinner ook aan die fliek Fight Club, waar die karakter se behoefte om te behoort en om raakgesien te word deur mense van sy eie gender hom op ‘n elaborate fantasievlug neem. ‘n Fantasievlug met uiters werklike en nare gevolge.

Ek lees die beelde in hierdie uitstalling as ‘n wekroep vir ‘n samelewing waar mans se rolle al hoe meer teruggesnoei word en waar daar nog nie nuwe kodes geformuleer is vir mans om hul manlikheid te beskyf en uit te leef nie.

Nie net is dit in sy geheel op internasionale standard nie, dit is yswekkend en briljant.

Waiting for the night

Waiting for the night. Dimensions each panel: 59.4 cm x 89.2 cm Digital print on artist paper

Speak and Spell

Speak and Spell. Dimensions each panel: 59.4 cm x 89.2 cm Digital print on artist paper

A verbis

A verbis. Dimensions: 59.4 cm x 89.2 cm Digital print on artist paper

Ad Verbera

Ad Verbera. Dimensions: 59.4 cm x 89.2 cm Digital print on artist paper

Advertisements